Ons skool:
· ‘n Atmosfeer wat warm, liefdevol en positief is.
· ‘n Skool mamma wat lief is vir jou kind (Personeel is vriendelik en behulpsaam)
· Die personeel is geduldig en ontvanklik vir die kleuters se behoeftes
· Dissipline is konsekwent maar liefdevol
· Die kleuters is gelukkig en ontspanne
· 24h Kring TV vir veiligheid
· Goeie sekuriteit
· Prettige speelparke
Ons klaskamers
· Daar is voldoende ruimte vir aktiwiteite in die klas (1,5m² per kind)
· Daar is genoeg personeel vir die hoeveelheid kinders:
1mnd tot 18mnde: 1:6
18mnde tot 3 jaar: 1:12
3 en 4 jaar: 1:18
4 en 5 jaar: 1:24
Graad R: 1:24
· Elke leerling het ‘n persoonlike vorderings lêer
· Daar is genoeg ouderdoms gepaste apparaat en dit is toeganklik vir die kleuters
Veiligheid, Gesondheid en higiëne
· Daar is ten alle tye ten minste 3 personeellede op die speelgrond aan diens
· Daar is ’n voorvalle-register wat indien nodig voltooi word
· Die skool is omhein en het 24 kameras op die perseel
· Toegangshekke het ’n veiligheidsknip wat kinders nie kan oopmaak nie
· Die Personeel voltooi jaarliks ‘n noodhulp kursus
· Die skool het twee noodhulpkissies, ‘n noodplan en brandblussers waar vereis word
· Skool word daagliks gesaniteer en uurliks skoon gemaak
· Daar is ’n aparte siekekamer
Gefiltreerde drinkwater word deur die dag vir leerlinge gegee
wat bied skitter akademie
Die Leerprogram:
​
3maande tot 5 jaar:
· Personeel beskik oor die nodige ervaring om die stimulerende leerprogram te bestuur
· Die TV word spaarsamig gebruik
· Elke leerling het sy eie werkboeke, inkleurboeke en skryfbehoeftes
· ‘n Gestruktureerde dagprogram word gebruik en sluit etenstye, rustye, vry spel,
georganiseerde binne-en buite aktiwiteite in
· Die leerprogram is speel gebaseerd
· Formele assessering Junie en November
· 4 vorderingsverslae per jaar word aan ouers voorsien
· Sensoriese spel word as ‘n belangrike deel van die dagprogram gesien
Graad R
· Gespesialiseerde Graad R program word gevolg
· Skitter se Graad R leerlinge is die voorlopers in die Laerskole
· Leerlinge word Wiskunde, Afrikaans en Engels magtig volgens CAPS Gr 1 standaard.
Ons besef hoe belangrik is speel in ‘n kleuter se lewe en ag “speel-leer” baie hoog!

Ons spog graag met ons kinders...



